Welkom

Die ''Vriende van Magalies'' se doel is om die Magaliesberg se Groen Area tussen die Wonderboom Hoërskool en die N1 snelweg te bestuur en te bewaar.
Die beplande area onder bewaring dek 'n oppervlak van 500ha en 'n omtrek van 18 kilometer, ongeveer die helfde hierom is privaat eiendom.
Hierdie deel van die berg het begin verwaarloos, sluipslapers het ingetrek, die berg word gebruik as 'n onwettige stortingsterrein, en huis-inbrake vanuit die berg het toegeneem in die omgewing.
'n Nie-winsgewende Artikel 21 maatskappy, "Vriende van Magalies Natuurreservaat" (Reg nr. 2005/024299/08), is amptelik gestig.
Die maatskappy werk saam met Tshwane se Departement van Natuurbewaring om die bestuur van die berg se groen areas te behartig.
Die Vriende van Magalies is nie 'n veiligheids- of reaksiemag nie, maar van die voordele wat uit die projek na vore kom is beveiliging en groter gemoedsrus om teenaan die berg se groen area te woon.
Belangrike Boodskap
Die hele Magaliesberg is in Julie 2015 in Parys deur UNESCO as n biosfeer verklaar. Dit plaas op ons, die Vriende van Magalies,die verpligting om die berg te bewaar en tot voordeel van die publiek ekologiese aktiwiteite aan te bied.
Hiermee ons dank en waardering vir u volgehoue ondersteuning van die Vriende van Magalies projek.
Vir meer inligting, kliek hier.Nuutste Nuus
Hike on the Magalies Mountain / Stap op die Magaliesberg
May 19, 2018
Pretoria, Suid Afrika
Waverly se Mark in die Park!
Junie 02, 2018
Pretoria, Suid Afrika
Raak n Lid
Mylpale Reeds Bereik

Toespan Van Die Berg
Die totale gebied is omhein dws alle openinge is toegespan mbv befondsing vanaf Tshwane in 2012 en 2013.

Opknap Van Lapa Agter Wonderboom Hoërskool
Die lapa agter Wonderboom Hoërskool is opgeknap in 2013.Dit was voorheen n vergader plek vir sluipslapers.

Vestiging van Vriende van Magalies kantoor
Die Vriende van Magalies se kantoor is gevestig in die lapa in 2015.

Aanskaf Van Perde En Merk Van Roetes
Perde is aangeskaf en perdritte word onderneem , roetes word uitgesit en aangedui..

Wandelpad Word Uitgelê
n Wandelpad word deur die voedslaan pad van Suid Afrika VOSA uitgelê.

Skoonmaak Aksies
Verskillende skoonmaak aksies word onderneem.

Uitroei Van Uitheemse Plante
Die uitroei van uitheemse plante word aangepak en verskillende aksies vind plaas.

Bergfiets Roetes
Verskeie bergfiets roetes is uitgelê die afgelope 3 jaar.